Naast de Worldcup, veel Nederland-gerelateerd poëzienieuws in Louis Esterhuizens eerste nieuwsbrief van 2010:
- Het literaire evenement Woordfees speelt kort op de Worldcup-bal
- Een nieuw Nederlands-Zuid-Afrikaans wisselblog met Luuk Gruwez, Ester Naomi Perquin, Edwin Fagel, Alfred Schaffer, Roel Richelieu van Londersele en K. Michel.
- Herman de Coninck en Zuid-Afrika
- De marginalisering van het Zuid-Afrikaans aan de universiteit van Stellenbosch: als Vlaming moet ik dan onwillekeurig denken aan deze kwestie.
2010 - Die jaar om te baljaar ...
Woordfees
“Die elfde US Woordfees buit in die spesiale (sokker)baljaar die
dubbelsinnigheid van dié eg-Afrikaanse, onvertaalbare woord (in Engels
én Nederlands) uit deur baldadig en speels met die wêreldbekertema te baljaar, met sport en sports as subtema.” Só kondig die organiseerders van die jaarlikse Woordfees die bekendmaking van hul feesprogram aan en dit is grootliks nét so van toepassing op ons webblad vandeesmaand.
Maar eers ietsie meer oor die Woordfees, aangesien etlike Vlaamse en Nederlandse digters en skrywers by die program betrokke is vanjaar. In Suid-Afrika is daar verskeie kultuurfeeste en die Universiteit van Stellenbosch se Woordfees, wat van 1 tot 7 Maart plaasvind, is beslis een van die vernaamstes. Wat die Woordfees egter van ander soortgelyke feeste onderskei, is dat die fees primêr op boeke en die leeskultuur gefokus is. Vlaamse en Nederlandse skrywers (en musikante!) wat by vanjaar se fees betrokke is, is: Stef Bos, Menno Wigman, Annelies Verbeke, Marion de Vos, Dorith van der Lee, Sjon Brandsdie, Steven Van de Perrre, Jeroen Roppe en die Theatergroep Flint. Beslis ’n watertandlekkerte om na uit te sien ...
Wisselkaarten
Ook op die webblad vier die baldadigheid hoogty en dit het in hoofsaak te make met die nuwe projekte wat ons vandeesmaand geïnisieer het. Dit wil veral voorkom asof Wisselkaarten - ’n kollektiewe blog wat deur ses Vlaamse en Nederlandse digters bedryf gaan word – met groot entoesiasme ontvang is. Digters wat hieraan gaan deelneem, is: Luuk Gruwez, Ester
Naomi Perquin, Edwin Fagel, Alfred Schaffer, Roel Richelieu van
Londersele en K. Michel. Uiteraard hoop ons dat nog digters sal instem
om hieraan deel te neem aangesien dit ’n besonderse forum is waarmee
die digkunste van die Lae Lande aan die Afrikaanse poësieliefhebbers bekend gestel kan word. Net so hoop ons dat die webblad-besoeke uit die
Lae Lande meer sal word en dat hulle selfs aan die gesprekke op die
webblad deel sal neem. (Onthou: Afrikaanssprekendes lees Nederlands en
Vlaams héél gemaklik; dis gewoon die praat – en hóór – wat problematies
is …) Nietemin, die statistiek toon dat 25.8% van ons besoeke tans vanuit die Lae Lande kom en dit is ons oogmerk om dié syfer oor die volgende paar maande met tien persentasiepunte te verhoog.
Aansluitend tot Wisselkaarten is daar ook ’n onderhoud gevoer met Roel Richelieu van Londersele oor sy digbundel wat genomineer was vir die Herman de Coninck-prys. Ongelukkig het hy nie laasgenoemde bekroning ontvang nie, maar – soos u weet – is sy gedig “Mats” as die publieke se gunstelingvers bekroon.
‘Zou de wereldbol een beetje aan het leeglopen zijn?’
’n
Hoogtepunt op die webblad vandeesmaand is beslis Yves T’Sjoen se
artikel oor Herman de Coninck en sy siening van Suid-Afrika en die
Afrikaanse taal en kultuur. “De
Conincks beeld van het land is een constructie die tot stand is gekomen
naar aanleiding van vier bezoeken en die gebaseerd is op gesprekken en
een confrontatie met de hedendaagse Afrikaanse poëzie. Uiteindelijk
hebben de contacten met Afrikaanstalige schrijvers, wat we vandaag interculturele networking
noemen, geleid tot een vertaling van een bloemlezing uit De Conincks
poëzie in het Afrikaans. En ook andersom heeft de Vlaamse schrijver, in
zijn rubriek ‘De vliegende keeper’ in de krant De Morgen en in het Nieuw Wereldtijdschrift, waarvan hij stichtend redacteur was, aandacht gevraagd voor het Afrikaans en de Afrikaanse literatuur in Zuid-Afrika.”
Hierdie uitsonderlike stuk werk deur een van ons gereelde bloggers is beslis ’n móét lees item. U kan dit hier te lese kry. Lees sommer ook Yves T’Sjoen se blogs wat met die laaste drie aflewerings in hoofsaak oor die kwessie van periktekste handel.
Handeklap
In Januarie was daar veral twee prestasies wat ons as Afrikaanse poësieliefhebbers verheug het. Die eerste is Breyten Breytenbach wat met die Max Jacob-prys bekroon is vir die Franse weergawe, Outre Voix, van sy bundel Oorblyfsel / Voice over.
Charl-Pierre Naudé het ’n omvattende onderhoud met Breytenbach gevoer
wat in twee afsonderlike gedeeltes verskyn het: die gemeenskapsgerigte
vrae en antwoorde in die Sondagkoerant Rapport en die meer-literêre vrae en antwoorde op Versindaba.
Dan was ons veral ook verheug oor Antjie Krog en Ronelda Kamfer se deelname aan Winternachten in Den Haag vroeër vandeesmaand. ’n Besonder treffende oorsig hiervan deur Carina van der Walt kan op LitNet gelees word. Op Versindaba is daar weer ’n onderhoud te lese wat met Ronelda Kamfer gevoer is. Graag verwys ons u ook na ’n vroeëre onderhoud met Antjie Krog. Veral laasgenoemde is ’n móét lees.
Taaldebat
Die
marginalisering van Afrikaans aan de Universiteit van Stellenbosch bly
maar ’n kontensieuse saak en verskeie belangwekkende stukke het
gedurende Januarie in die media verskyn. Ek fokus u aandag egter graag – en meer spesifiek – op Lina Spies se “afskeidsbrief” aan haar almal mater. Lina Spies is een van ons vernaamste digters en dit is veral die volgende aanhaling wat u behoort te interesseer: “Laat
ons tog asseblief nie uit politieke korrektheid altyd verswyg dat
Afrikaans se penwortel Nederlands is en dat Nederlands, in die woorde
van Van Wyk Louw, “ons venster op Europa” is nie. Ons strewe na
internasionale prominensie word ook deur hierdie dimensie van Afrikaans
verbreed. Ek verset my teen die afskaling van Afrikaans tot klein
plaaslike taaltjie om onder andere wit Engelssprekende studente op
Stellenbosch wat nie bereid is om enige ander taal te leer nie, ter
wille te wees. Afrikaans het nou eenmaal vir hom status verwerf as taal
van hoër onderwys en wetenskap; neem dié status weg en die Afrikaanse
literatuur sal kwyn totdat dit saam met die taal self verdwyn.”
Die volledige brief kan gelees word in LitNet se seminaarkamer. Lees gerus ook die stukke wat deur Herman Giliomee en Christo Viljoen oor dié onderwerp geplaas is.
Aansluitend tot bogenoemde het Charl-Pierre Naudé ’n belangrike blog geplaas oor “Ander Afrikaanse wêrelde”, wat handel oor poësie in die verskillende dialekvorme van Afrikaans.
En daarmee groet ons u weer tot volgende maand se Nuusbrief. Besoek gerus die webblad en geniet alles wat daar te lese is. En onthou, u is meer as welkom om deel te neem, hetsy by wyse van kommentaar óf ‘n brief aan die Brieweboks.
Die wêreld is immers maar net ’n ertjiepit, is dit nie?
Vriendelike groete.
Louis Esterhuizen en Marlise Joubert
Versindaba-webblad
Lenze L. Bouwers
Reine de Pelseneer
Jabik Veenbaas
Hans van Willigenburg
Peter Swanborn
Leo Herberghs
Ton van 't Hof
Ton van Reen
Joris Miedema
Peter Drehmanns
Lammert Voos
Frits Criens
Rik Andreae
Jabik Veenbaas
Sacha Blé
Bernhard Christiansen
Delphine Lecompte
André van der Veeke
Gert de Jager
Hans van Willigenburg
Peter Knipmeijer
Maarten Das
Nanne Nauta
Onder redactie van Heytze en Breukers
Peter M. van der Linden
Jabik Veenbaas
Diverse auteurs
ACG Vianen
Rob Molin
Bart FM Droog
Lies Van Gasse
David Pefko; Het voorseizoen
Reacties