Desembermaand is komkommertyd
... zo begint de Versindaba-nieuwsbrief van december, maand van de zomervakantie in Zuid-Afrika. Toch heeft Louis Esterhuizen interessant nieuws te melden:
- nieuwe vertalingen in de 'vertaalkamer' met een oproep om nog meer vertalingen in te zenden
- dichters mengen zich in het debat rond het aanslepende racisme in Zuid-Afrika
- Antjie Krog en Ronelda Kamfer komen in januari naar Den Haag
- I.M. Dennis Brutus (en een gedicht)
- studie rond poëzie en het Zuid-Afrikaanse landschap
- Versindaba wordt vanaf nu gesubsidieerd door het Fonds Neerlandistiek
Inderdaad is Desember in Suid-Afrika komkommertyd en met die meeste
mense op somervakansie vir die Kers- en Nuwejaarsvieringe, geld dit
net soveel vir die poësie en aktiwiteite daar rondom. Op die Versindaba-webblad
was dit dus ook maar aan die stillerige kant. Bydraes het meestal oor die
pasafgelope poësiefees, en die nagevolge daarvan, gehandel, met heelwat briewe
wat vir die Brieweboks
ontvang is. Dan het ons vertaalkamers intussen ook besonder mooi aangegroei.
Gaan lees gerus die Afrikaanse gedigte wat na ander
tale (waaronder Nederlands) vertaal is en op die webblad beskikbaar is.
(Uiteraard is u ook welkom om u eie vertalings van Afrikaanse gedigte aan ons
te stuur vir plasing. Dit is immers ons oogmerk om so ’n volledige databasis as
moontlik tot stand te bring.) Gedigte uit die wêreldskat van die digkuns wat na
Afrikaans vertaal is, kan hier
gelees word.
Vervolgens, op sy blog het Charl-Pierr e
Naudé ’n belangrike inskrywing geplaas in reaksie op die openbare
debat oor voortslepende rassisme in Suid-Afrika. “Maar wat doen (Jonathan)
Jansen wél reg? Beide hy én (Antjie) Krog vra vir ’n historiese analise van
rassisme. Hulle sê: Só is ál manier waarop ons sal weet waarom rassisme in
Suid-Afrika ná 20 jaar demokrasie steeds so sterk is. Ons moet
voortdurend kyk na waar ‘n bepaalde rassisme vandaan kom, om die redes sowel as
die oplossings daarvoor te snap,” het hy geskryf. Hierop
het Richard Jurgens, ’n Engelssprekende Suid-Afrikaanse skrywer wat tans in
Amsterdam woon, reageer wat ’n stimulerende gesprek tot gevolg gehad het.
Dan is ons in Suid-Afrika natuurlik ook verheug oor die feit dat beide Antjie Krog en Ronelda
Kamfer aan die Winternachten
op 14 Januaie in Den Haag gaan deelneem. Boonop gaan Antjie
Krog die “Winternachtenlezing” lewer ... Inderdaad ’n uitsonderlike
prestasie vir dié twee besonderse digters en ons hoop van harte dat u daar in
die ander halfrond net so entoesiasties vir hulle sal hande klap soos wat ons
dit hier in die suide doen. (As lusmaker kan u gerus ook Antjie
Krog se pleidooi vir die poësie gaan lees wat hier op die
webblad geplaas is.)
Hartseernuus is dat Suid-Afrika se immergeliefde Engelse digter, Dennis Brutus, die afgelope naweek oorlede is. Hy was ’n jarelange aktivis wat
apartheid met woord en tand beveg het en selfs vir etlike jare tronkstraf moes
verduur het. Ook het hy hom vir vele jare in selfopgelegde bannelingskap in die
buiteland bevind. Hy is Saterdagaand tydens sy slaap oorlede in sy huis in
Kaapstad. Minister Maite Nkoana-Mashabane se huldeblyk kan hier gelees word.
As persoonlike huldeblyk aan die ontslape digter voeg ons een van sy geleentheidsverse
hierby in.
When the shape of the planet
and the divisions of the land
Will be less important;
We will be caught in a glow of friendship
a red star of hope
will illuminate our lives
A star of hope
A star of joy
A star of freedom
-- Dennis Brutus, Caracas, October 18, 2008
Vervolgens, ’n belangrike
artikel wat die afgelope maand op LitNet Akademies verskyn het, is prof. Ena Jansen se besonderse artikel oor Ad
Zuiderent wat as huldeblyk by die digter se 65ste verjaarsdag
geplaas is. Daar word onder
andere na sy gedig Telefoon uit een thuisland gekyk, met verwysing na Roman
Jakobson se omskrywing van taalfunksies en geplaas in die konteks van pogings
om deur poësie aan die Suid-Afrikaanse landskap uitdrukking te gee. Sy verwys onder
andere ook na die gesprek tussen die Nederlandse en die Afrikaanse literêre
sisteme.
Dan is dit ten slotte vir ons besonder aangenaam om bekend te kan maak
dat die Versindaba-webblad voortaan deur die Fonds Neerlandistiek in
Suid-Afrika befonds gaan word. Dit sal ons in staat stel om selfs nog nouer
samewerking tussen ons en die Nederlands-Vlaamse digkunste te probeer vestig.
Daarom, besoek gerus ons webblad – Lees, raak opgewonde en neem deel!
’n Uiters voorspoedige 2010 word vir u en al u geliefdes toegewens.
Met vriendelke groete.
Louis Esterhuizen & Marlise Joubert
Aanhitsers: Versindaba
Lenze L. Bouwers
Reine de Pelseneer
Jabik Veenbaas
Hans van Willigenburg
Peter Swanborn
Leo Herberghs
Ton van 't Hof
Ton van Reen
Joris Miedema
Peter Drehmanns
Lammert Voos
Frits Criens
Rik Andreae
Jabik Veenbaas
Sacha Blé
Bernhard Christiansen
Delphine Lecompte
André van der Veeke
Gert de Jager
Hans van Willigenburg
Peter Knipmeijer
Maarten Das
Nanne Nauta
Onder redactie van Heytze en Breukers
Peter M. van der Linden
Jabik Veenbaas
Diverse auteurs
ACG Vianen
Rob Molin
Bart FM Droog
Lies Van Gasse
David Pefko; Het voorseizoen
Reacties