Dit is alweer de derde Versindaba nieuwsbrief van onze Zuid-Afrikaanse collega Louis Esterhuizen. Oktobermaand is niet alleen de mooiste maand in Zuid-Afrika, het is blijkbaar ook de drukste maand, lees maar (ook Alfred Schaffer en Yves T'Sjoen zijn van de partij):
Oktobermaand word allerweë beskou as die
“mooiste, mooiste maand” in Suid-Afrika; in hoofsaak vanweë C Louis Leipoldt
(1880 – 1947) se klassieke vers Oktobermaand
wat reeds in 1921 verskyn het. Vir u leesplesier, die slotstrofes:
Wat gee ek om die winter?
Wat praat jy nou van
Mei?
Wat skeel dit, as ons later
Weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober,
Die mooiste, mooiste
maand,
Met elke dag so helder,
So pragtig elke aand!
Viooltjies in die
voorhuis,
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op
die veld,
En orals, ai, so mooi!
Hartseernuus is dat IL de Villiers, een van ons mees geliefde en gewilde digters, aan die begin van
Oktober oorlede is. Hy was 73 jaar oud. In sy lewe was IL de Villiers
predikant, joernalis en digter. Uit sy pen het daar ses digbundels verskyn.
Huldeblyke is op die Versindaba-webblad te lese, asook op LitNet.
Meer vreugdevolle nuus is dat Loftus Marais pas aangewys is as die wenner van die Ingrid Jonker-prys vir die beste debuutwerk met sy
bundel Staan in die algemeen nader aan
vensters (2008: Tafelberg). Dit is reeds die derde prys wat Marais met
hierdie gedurfde bundel van hom verower. Ander pryse is die Eugène Marais-prys
(wat hy met Rondelda S. Kamfer deel), asook die Universiteit van Johannesburg
se prys vir beste debuutwerk. Ter illustrasie van sy digwerk plaas ek graag die
gedig met die titel “Die digter as
rockstar” hieronder. (Terloops, die verwysing na ‘n beiteltjie in die
voorlaaste reël is ‘n direkte inspeling op NP Van Wyk Louw se beroemde vers
“Die beiteljie”.)
Fok jou, ek pak sportstadions vol
Vir my flits paparazzi splitsekondes wit
bladsye
Ek dra my punctuation as piercings
My woorde trash hotelkamers, fok jou
Woofers sidder jambes
En die groupies se sashimi-poesies
drup vir my
Ek is die digter in ‘n studded
leather broek
Ek breek my versreëls oor julle
koppe soos guitars
Lighters swing op my sonnette
Fok julle almal
Gevuisde skares skreeu my koeplette
Daar’s stukke wallace stevens op my
rug getatoeëer
Ek is die digter as rockstar
En kyk, nee lees, luister, dammit
hóór:
Ék is nie ‘n beiteltjie nie
Ek is ‘n fokken lugdrukboor
Op die webblad was dit ook ‘n “mooiste, mooiste
maand”. In navolging van die “Roots festival” waaroor ek in my vorige Nuusbrief
geskryf het, het Charl-Pierre Naudé ‘n stuk in antwoord op Gerrit Brand en Neville Alexander se bydraes oor de posisie van
Afrikaans in ‘n multi-linguale gemeenskap geplaas. Lees gerus ook Hein Willemse se lesing wat tydens die Roots
festival gelewer is oor kreoolse Afrikaans. Nog ‘n belangrike plasing deur
Charl-Pierre Naudé is ‘n stuk wat handel oor die belangrikheid van burgerlike ongehoorsaamheid. (Terloops, lees sommer ook
Charl-Pierre Naudé se stuk oor hermetiese poësie en sy vertalings van gedigte deur Alfred Schaffer terwyl u op sy
blogruimte is …)
Twee uiters opwindende projekte rondom die
kwessie van die digkuns die
afgelope maand, is ten eerste “Piemp” deur Thérèse Hulme. Sy is ‘n sosiale terapeut wat in die armste van
arm gemeenskappe in die Wes-Kaap begin het om 13-jarige kinders te motiveer om
deur die skryf van gedigte hul trauma’s en sosiale ontwrigting te verwoord.
Lees gerus ook die onderhoud wat met Thérèse gevoer is. Nog ‘n
opwindende projek is Maude Bekaert se Word(l)s-projek van gedigte wat in klip uitgekap word, waarby Ronel Nel betrokke
was en waaroor sy verslag doen.
Ten slotte het Yves T’Sjoen, ons gewaardeer Vlaamse blogger, sy
sendelingwerk voorgesit met uitnemende inskrywings oor die kwessie van vertaling en hertaling, asook die tye en swye van Raster as werksplek vir die literauur.
Inderdaad was Oktober ‘n bedrywige maand in die
Afrikaanse lettere. Besoek dus gerus die Versindaba-webblad en verlustig u aan
alles wat daar te lese is.
Vorige Versindaba nieuwsbrief.
Lenze L. Bouwers
Reine de Pelseneer
Jabik Veenbaas
Hans van Willigenburg
Peter Swanborn
Leo Herberghs
Ton van 't Hof
Ton van Reen
Joris Miedema
Peter Drehmanns
Lammert Voos
Frits Criens
Rik Andreae
Jabik Veenbaas
Sacha Blé
Bernhard Christiansen
Delphine Lecompte
André van der Veeke
Gert de Jager
Hans van Willigenburg
Peter Knipmeijer
Maarten Das
Nanne Nauta
Onder redactie van Heytze en Breukers
Peter M. van der Linden
Jabik Veenbaas
Diverse auteurs
ACG Vianen
Rob Molin
Bart FM Droog
Lies Van Gasse
David Pefko; Het voorseizoen
Reacties